Die nag van die epiese vuur

Ter nagedagtenis aan dag 2 van my 3 dag-bachelors — dit was die main event. Hier volg my bedanking aan die deelnemers.

Mense — wat ‘n goeie naweek. Ek sal verseker saammet julle klomp oorlog toe gaan. Mens vergeet hoeveel chaos ‘n klein groepie van Bacchus se elite volgelinge kan veroorsaak. Elkeen het gesuip asof dit sy eie bachelors is.

Kirsten, dit spyt my dat jou enkel nou soos ‘n rugbybal lyk en dat jy ons vroeg moes verlaat. Ek hoop die ligamente groei weer vas voor die troue.

Pieter, dankie vir die rondry en skoonmaak. Hy moes die saterdagogggend help om 3 liter tamatiesous van die mure en ceiling af te was. Daai kombuis het gelyk soos medi-clinic se aborsie-eenheid wat ontplof het.

Anlo, ek is regtig jammer ek het op jou kar ge-urineer. Maar die kar is swart en dit was donker buite. Jy kan volgende keer op myne gaan, probeer net om niks tussen die rubbers te kry nie.

Niki, goeie vorm met die braai. Anders sou ons vir mekaar geeet het. En jou Avis-kar verdien ‘n spesiale woord; hy het immers die standaard SABS-deur-p-klap-kompetisie oorleef.

Harig, die brandweer moet vir jou op hulle payroll sit. As jy nie begin rondhardloop het met emmers water nie het ons waarskynlik die voorblad van die sondagkoerant gemaak. Jou Tex was welverdiend.

Kobus, ek is jou innig dankbaar dat die foto’s nooit op facebook gepubliseer is nie. What has been seen, cannot be unseen.

Dewald, ek is bly jy het nie ‘n ernstige wond opgedoen so kort voor jou troue nie. Vader weet, daar was oorgenoeg geleentheid om vermink te word; ek dink byvoorbeeld aan Goussard se vlammende javelin wat Harig se oog skraps gemis het.

Jaco & Daanman, dit spyt my dat ons nie ‘n sinvolle gesprek kon inwerk nie. Ek verneem egter julle het die gebeurlikhede geniet. Dis vir my mooi.

Wehan, jy het jou roeping gemis. Luidkeels is ‘n understatement. Ek het nie geweet die menslike stembande kan sulke decibels genereer nie. Die volume waarteen jy vir Die Mooi Seun (wat gewoonlik reg langs jou gestaan het) geroep het, kwalifiseer jou om in ‘n vuurtoring te gaan staan en skepe te waarsku as daar digte mis op die see is.

Eugene, ek het wakker geword met ‘n pakkie menthols in my sak en dit baie waardeer. Hoe julle sonder sleutel deur die hek gekom is noemenswaardig. Ek vertrou die Epic prelude was goed gewees.

Justus, ek is bly die alcohol-tester is saammet Kirsten huistoe. As jy weer moes blaas sou die ding ontplof. Dis nie gewens om laatoggend nog 0.3 te toets nie.  Iemand het ‘n vergelyking tussen jou en een van Jack Parow se liedjies getrek; jy was blykbaar so ***. Ek kannie hierop kommentaar lewer nie, want ek hou in elk geval die moral higher ground nie. Maar jy moet na jou gesondheid kyk.

*Ek moes hier en daar sensor. Anders maak hulle dalk my blog toe.

Mooi brein. Almal het gestaan en kontempleer oor die ‘leertjie’ voorwerp wat op die stoep agtergebly het. Dit was toe wel deel van Freddi se bakkie. Ek hoop hy kry dit terug.

Robert, ek het verneem wie die culprit is wat die Silver Solutions t-shirt in die vuur gegooi het. En ek is spyt om vir jou mee te deel dat dit ekself was. Ek was onder die indruk dit was iemand anders se handdoek. Teen daai tyd kon ek nie meer lekker sien nie. Ek het probeer om dit weer uit te kry maar die skrif was reeds aan die muur.

Ek het ook ander sporadiese terugflitse gekry. Henk het op ‘n stadium gewonder of iemand een van sy niere gesteel het. Dit draai toe uit dat die rooi kol agterop sy hemp nie ‘n wond is nie, maar ‘n ruim porsie tamatiesous.

Hy het ook vreeslik gekla nadat hy onderaan die hopie opgeeindig het. Dit verbaas my nie; want anders as op skool weeg almal nou nader aan 100kg. So die totale druk wat op sy borskas uitgeoefen was moes naby aan ‘n metriese ton gewees het.

En die sing songs was ‘n blur. Ek verneem egter dit sou nie Paul Roos se top 10 gehaal het nie.

PS, Henk, dankie vir die organisasie. Ek sou niks verander nie. Ek is net innig dankbaar daardie 1-meter-deursnit-boei het nie op die vliegtuig gepas nie. As ek saterdagaand daai ding moes dra sou alles in die huis gebreek het en jou deposito sou onvoldoende wees. Wehan het reeds sy misnoë uitgespreek oor die feit daar daar nie ‘n funnel was nie. Maar ek dink jy het die losprys betaal.

As ek my sin kon kry sou ek elke naweeek bachelors hou.

Wanneer speel ons ‘n rondte pub golf?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *